Elsabe & Eldine Gerber  
     
Audrey Mathebula    

 

Lemon Tree is reeds 15 jaar onder my bestuur maar bestaan al vanaf 1997.  Ons spesiliaseer in VARS GEBAK elke dag met die hulp van ervare baksters.

Alhoewel die winkel om 09h00 oop maak is ons trots daarop dat ons graag kliënte help in die vroeë oggendure wanneer nodig.

Ons is in die hartjie van Centurion met maklike voor die deur parkering.

Ons spog graag met ons blaar en vetkoek deeg wat op die perseel voorberei word vir die beste gehalte produkte elke dag.

Omgee vir ons kliënte en hulle families is hier ‘n groot lekker net soos ons eetgoed.